Ouderdom:
8 - Volwasse
Taal:
Afrikaans

Tyd: 
15-30 minute
Spelers: 
2-10

Tipe: 
  Familie
 Genre:
Tydlyn
Ouderdom:
8 - Volwasse
Taal:
Afrikaans
Tyd: 
15-30 minute
Spelers: 
2-10
Tipe: 
  Familie
 Genre:
Tydlyn
Ken jou plek met die Tydmasjien rit oor ontwikkeling van die mensdom oor die afgelope 600 jaar in beide Suid-Afrika en die res van die wêreld.

TydToer is ’n opvoedkundige tydlynspeletjie wat jou kennis, geheue en vaardighede gaan toets oor geskiedkundige en ander gebeure. Het die Groot Trek plaasgevind voor die Franse Rewolusie? Word Coca-Cola verkoop as ’n suikerdrankie voor of na die Anglo-Boereoorlog? Het die eerste SA F1 Grand Prix plaasgevind voor Neil Armstrong op die maan geland het?

Die TydToer kaartjies (daar is 215) het sewe verskillende kategorieë, insluitend Ontdekkings & Uitvindings, Oorloë & Konflik, Kuns & Kultuur, Geskiedenis & Politiek, Natuur & Gebeure, Sport en Algemeen.

Die doel van die spel is om jou eie tydlyn te bou deur 9 kaarte oor gebeure in die regte volgorde te plaas voor jou opponente dit kan vermag. Maar wees versigtig: as jou tydlyn verkeerd is voor jou tydlyn vol is, begin jy oor!

Jy moet slim speel en jou tydlyn bou voordat ander spelers jou ongespeelde kaartjies met hul Krugerrande aankoop.

Boks: basis en deksel
Speelbord: Nee
Speelkaarte: 215 volkleur speelkaarte
Speelstukke: Nee
Geld: 30 Krugerrande
Ander: Uurglas, boksie vir kaartjies
Dobbelsteen: Ja
Reëls: Ja
Boks: Basis en deksel
Speelbord: Nee
Speelkaarte: 215 volkleur speelkaarte
Speelstukke: Nee
Geld: 30 Krugerrande
Ander: Uurglas, boksie vir kaartjies
Dobbelsteen: Ja
Reëls: Ja
Share by: