Age:
8 - Adult
 Language:
Afrikaans
Time: 
15-30 minutes
Players: 
2-10
Type: 
  Family
 Genre:
Timeline
Ouderdom:
8 - Adult
Taal:
Afrikaans
Tyd: 
15-30 minutes
Spelers: 
2-10
Tipe: 
  Family
 Genre:
Timeline
GRATIS! GRATIS! LAAI HIER AF

LAAI JOU GRATIS TYDTOER DEMONSTRASIE SPELETJIE HIER AF!

Met die ongekende, lang inperking wat gesinne binnenshuis hou as gevolg van die koronavirus pandemie wil Spoetnik Bordspeletjies graag ‘n NUWE TYDLYN speletjie, met die naam TydToer, GRATIS aan gesinne bekend stel.

Laai gerus 40 kaartjies wat deel van die spel vorm in pdf formaat hieronder af, druk dit uit, plak op mekaar, sny uit en begin speel.

Dis so maklik soos 1-2-3. Kry ook ’n dobbelsteen of laai ’n dobbelsteen toep af op jou selfoon en bou jou TydToer-tydlyn.

Die doel van hierdie GRATIS TydToer spel, wat dien as ’n demonstrasie vir die langer, regte TydToer, is om jou eie tydlyn te bou deur 6 kaarte oor verskillende gebeure in die regte volgorde te plaas voor jou opponente dit kan vermag. Maar wees versigtig: as jou tydlyn verkeerd is voor jy 6 kaarte in volgorde kan rangskik, sal jy oor moet begin!