Age:
All
 Language:
Afrikaans
Colour: 
Full Colour
Cover: 
Hardcover
Type: 
  Sport
100 JAAR VAN SWD RUGBY, 1899-1999

Rugby word al in die Suidwestelike Distrikte area in Suid-Afrika gespeel sedert 1868, maar tog het die stigting van ‘n rugbyunie in die SWD agterweë gebly tot in 1899. Daarná sou SWD se eerste rugbywedstryd ook eers in 1910 plaasvind. 

Hiérdie boek vertel die storie oor die eerste 100 jaar van SWD se provinsiale rugby. Die tydperk vertel die verhaal van swaarkry en sukkel vir mense om hul gunsteling sport te beoefen soveel as 120 jaar gelede. Dit vertel ook van die stryd van ‘n plattelandse span wat moes meeding teen veel sterker stedelike spanne met baie beter geriewe en ’n groter spelerspoel. 

Daar was baie moeilike tye, wedstryde teen oorsese toerspanne soos die All Blacks en die Britse Leeus wat entoesiasties ondersteun is, onderlinge gekibbel tussen klubs, maar ook die goeie tye waar SWD saam kon gesels met van die top rugbyspanne in die land.

Die SWD se rugbyverhaal is nog lank nie verby nie, maar hierdie boek fokus op daardie eerste 100 jaar. In daardie tyd het die SWD se span 651 westryde gespeel en die 1,068 spelers wat in die groen trui uitgedraf het, het 10,062 punte aangeteken, wat 1,313 drieë insluit.

Nico Steyn (skrywer), Eddie Grieb (bekende statistikus) en André Laubscher (navorser) het na jare se gesweet en gesukkel al 651 wedstryde waarin SWD betrokke was se uitslae en spanne uitgesnuffel, al die spelers geïdenfiseer en al die puntemakers geboekstaaf in 100 Jaar van Suidwestelike Distrikte Rugby, 1899-1999. Hierdie boek gaan oor die legendes van SWD rugby, maar ook oor die rugbymense van die SWD, van Bredasdorp tot Beaufort-Wes en van Prins Albert tot Plettenbergbaai. 

Inhoud:
Jaar-vir-jaar geskiedenis
Spanfoto's
Klubs & administrasie
Spelers reünie
SWD Springbokke
Statistieke
Wedstryde & spelers
Share by: