•  Age:
    6 - Adult
     Language:
    Afrikaans
    Time: 
    30-60 minutes
    Players: 
    2-6
    Type: 
      Family
     Genre:
    Farm/Business
     Age:
    8 - Adult
     Language:
    Afrikaans
    Time: 
    30-60 minutes
    Players: 
    2-6
    Type: 
      Family
     Genre:
    Farm/Business
    Boereplaas is ’n bordspeletjie wat reeds dekades Afrikaanssprekendes se gunsteling is. Hierdie Boereplaas beloof opvoedkundige vermaak vir die hele gesin; dit is geskik vir 2-6 spelers en leer kinders (en grootmense!) van die hantering van geld, wins en verlies, oordeelkundige aankope en boerdery.

    Die doel van Boereplaas is om besluite te neem oor jou boerdery, sodat jy maksimum wins verkry en genoeg geld bekom om jou plaas (bord) met prentkaartjies te voltooi.

    As jy nog nie vir oom Sakkie ken nie, gaan hy die lewe vir jou versuur!

    Oom Sakkie is die Boer se regterhand en die plaas se voorman. Hy is ongelukkig maar lui en ‘n groot droogmaker en veroorsaak gereeld groot skade vir die Boer.

    Geen speler kan prentkaartjies aankoop voordat hy/sy oom Sakkie aangekoop het nie. Jy kan wel deelneem aan die spel sonder dat jy reeds prentkaartjies of oom Sakkie het, aangesien daar baie algemene kaartjies is waarmee jy kan speel terwyl jy jou beurt afwag om ‘n oom Sakkie op te tel. Eers daarna kan jy begin boer met hoenders, beeste, koring, mielies, ensovoorts.

    Die eerste speler wat al die kaartjies op sy plaas (bord) kan aankoop, is die wenner.

    Boereplaas is hope pret en plesier, en die ideale opvoedkundige speletjie vir die gesin.
    Boks: Basis en deksel
    Speelbord: Ja (6 plase)
    Speelkaarte: 132 – 60 prentkaarte en 72 speelkaarte
    Speelstukke: Nee
    Geld: Ja
    Ander: Geen
    Dobbelsteen: Nee
    Reëls: Ja
    Boks: Basis en deksel
    Speelbord: Ja (6 plase)
    Speelkaarte: 132 – 60 prentkaarte en 72 speelkaarte
    Speelstukke: Nee
    Geld: Ja
    Ander: Geen
    Dobbelsteen: Nee
    Reëls: Ja
    Boks: Basis en deksel
    Speelbord: Ja (6 plase)
    Speelkaarte: 132 – 60 prentkaarte en 72 speelkaarte
    Speelstukke: Nee
    Geld: Ja
    Ander: Geen
    Dobbelsteen: Nee
    Reëls: Ja
    Share by: